die  HEL-WEEK van die 27ste Feb

Matt 11 : 25 – 30

28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.
29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.
30 My juk is sag en my las is lig.”

Sy juk is sag, en Sy las is lig. Gaan na Hom toe, en Hy sal julle rus gee. Jesus se uitnodiging. 

Vandag kan ek net weereens die volgende getuig;

Ons doen nie Christen nie, ons moet Christen gaan wees. DAAR IS HOPELOOS TE VEEL MENSE WAT “CHRISTEN” DOEN EN DAN HULSELF DIE REG TOEËIN OM MENSE AF TE BREEK, TE VERGIL EN HUL WIL DAN WEGVAT OM SOOS HULLE TE WEES, TE LYK EN TE DOEN.

* ons laai nie nuwe jukke en laste op mense nie.

*ons sal wees vir mense, dat ons Jesus se sagmoedigheid en NEDERIGHEID aan mense sal wys.

*God werk sag met mense – gaan dus na Hom en kry rus vir jou gemoed.

*Hy skreeu nie op mense nie – Hy weet dit is harder werk om sag met mense te werk/te praat. Skree en afbreek is die maklike uitweg!

*Hy breek nie mense af nie, God is nie hard en wreed nie, Hy is sag en maak die lewe vir mense makliker en nie net meer ondraaglik nie.

*Hy dwing nie Sy wil op ons as mense af nie, Hy het ons ‘n vryewil gegee – anders kon Hy tydens skepping mense net gecopy en ge-paste het, as dit deel van Sy skeppingsdoel was dat ons soos ‘n ander moet wees, lyk, dink, voel en reageer.

n ander se woorde:   Weet jy, ek sien nie in hierdie gedeelte die gedagte dat ek met my kruiwa probleme na Jesus toe kom, dit voor Hom uitgooi, en dan weg huppel met geen sorge in die lewe nie. Dis nie so maklik nie. Ek dink dis eerstens om te besef dis die enigste plek waar ek hoegenaamd kan gaan met my laste. Tweedens om te besef dat Jesus daar is vir my en jou, en dan net styf teen Hom te gaan leuen, sodat Hy ons kan vashou.

Gaan dan nou heen my kind, vind weer jou rus en kalmte by God, daar waar Hy ons uitnooi om ons juk by Hom te laat, Hy belowe dat Hy jou dan rus en vrede sal gee wat alle verstand te bowe sal gaan. Ongeag als wat jy moes deurgaan die afgelope 9jr in jou lewe – Hy sal Sy droom vir jou lewe laat waar word, want jy is nie ge-copy en ge-paste nie!!!

Advertisements