As jy so hard met my praat dat jou spoeg in my gesig spat gaan ek heelwaarskynlik “politely” omdraai en jou saggies in jou m#@r instuur.

As jy met my praat asof jy my meerdere is gaan ek beslis “politely” omdraai en jou vra wie dink jy is jy? En jou saggies in jou m#@r instuur.

As jy my in hoorafstand van enige ander mens probeer oortuig hoe groot boks/ box/doos ek is, omdat dit jou beter oor jouself laat voel, gaan ek “politely” omdraai en jou saggies in jou m#@r instuur.

As jy my altyd wil oortuig dat jy weet en ken als beter as die volgende persoon, ongeag my mening, gaan ek “politely” omdraai en jou saggies in jou m#@r instuur.

As ek jou uitvang lieg omdat jy nie boekhou van al die strooi wat jy praat nie,  gaan ek “politely” omdraai en jou saggies in jou m#@r instuur.

Maar hoor my vandag as jy my familie of my naastes afmaak as niks in hierdie wereld nie, en skree hulle sal arm bly, dat die spoeg spat, want hulle is ‘n spul luigatte vlg jou eenvoudige standaarde, gaan ek voorwaar NIE jou saggies in jou m#@r stuur nie, maar ek gaan jou aan die keel gryp en hardop skree dat jou godkompleks niks aan my doen nie, ongeag wat jy van jouself dink!!! EN JOU DAN IN JOU M#@R STUUR, VIR ALTYD!

M#@r – nie ‘n aartappelmoer nie

Politely – met maniere

Boks/box/doos – “arsehole” tipe persoon

Godkompleks -selfgemaakte persoon, wat sy eie god is agv sy bankbalans, sy sg status wat hy in die samelewing het, die tipe karre waarmee hy rondry en sy woonadres ens.


Advertisements