Ek het my vorige blog oor stambome afgehaal agv die negatiewe reaksie wat my rerige onskuldige blog veroorsaak het. 

Daarom gaan ek maar my hondjies en katjies eerder aan julle wys net as ‘n gebaar van vrede.

Hier is Bella, Bella is my jongste Scottie, sy is onmoontlik, ly aan skeidingangs en wie weet wat nog. Ek het nog nooit so stoute hond gesien nie,  ek dink ek noem/skree haar naam seker honderde kere per dag in allerhande kontekste… 

Haar troetelnaam is Bellie of Bellie-By en Bellie is my skaduwee nes haar voorganger Gaby, en Gaby se voorganger (ma) Zoë… almal van Skotse-herkoms.
Haar vernietigingstog in my huis is legio, persiese tapyte wat nie meer is soos voorheen nie. Stoele en strooikussings wat op die vreemdste plekke gekou is en as sy raas kry, kyk sy na Ben asof hy enigsins deel aan die vernietigingstog gehad het. MAW skuldverplasing is haar spesialiteit.

Blah-blah… ek kan eintlik nie oor hondjies en katjies praat nie, want dan kyk mense my redelik skeef aan, maar ek is absoluut gaande oor myne en ander mense sin- en glo beslis hulle deel my en my gesin se stamboom 😉

Advertisements