Vandag het ek na hierdie video,  wat my hart diep geraak het, gekyk.

Ek het aan Lainey gedink en ek het aan myself as jongmeisie gedink – ek het besef die video is beslis net dit wat dit is – ‘n realiteit in menigte jongmeisies se lewens. 

Hoe baiekeer baklei ek en jy nie omdat jy kwaad word omdat Lainey “stories” aandra nie? En elke keer sê ek vir jou los haar asb, laat sy met my en jou pa praat, nie om te skinder nie maar om te praat. 

In haar wereld is als ‘n realiteit en as jy van haar gaan verwag om als te sif voor sy praat, beweeg jy op gevaarlike terrein, sy mag dalk net by die verkeerde mens gaan afpak. 

Los haar, ek sal jou nooit te na kom deur haar nie ‘n objektiewe antwoord of raad te gee nie. Jy is veilig by ons, as sy kla omdat jy raas sal ek luister en haar antwoord soos die Here my voorsê, sonder om jou sleg te maak. Los Lainey, sy moet praat en dit moet met jou,  of ons gebeur sodat ons weet wat in haar wereld aangaan.

In haar wereld is goed so groot soos wat sy dit kom vertel. As sy beneuk is as jou vriendin met haar kind kom kuier, gee haar die reg om rustig daaroor te kom, laat haar weet sy is veilig. Ek verwag nie van jou om nie vir ‘n ander man se kind lief te wees nie -maar vanwaar Lainey kyk is dit op die beste van tye erg… want in haar wereld is dit nog altyd net jy en sy en skielik moet sy jou hart, jou arms, jou geduld met haar deel, en baiekeer ten koste van haar omdat die “ander een” nog klein is, en sy is groot. 

Lainey sal nooit vir my “groot” wees nie – in elk geval nie op die manier hoe jy en jou vriendin verwag sy moet groot wees nie. Sy is nog klein en in haar wereld is als groot, dit is groot om haar pa te moet deel met iemand wat skielik half en half ‘n pa en ‘n ma bykry – terwyl sy nogsteeds net eintlik vir jou het, want haar ma is nogsteeds totaal en al afwesig.

Asb my liefste kind,  moenie dat Lainey ooit dink sy kyk in jou wereld in waar jy pa vir ‘n ander se kind is omdat sy skielik groot moet wees nie. 

En skielik huil en pyn ek in my binneste met die alewige besef dat Lainey het beslis die meeste verloor met haar ma en jou egskeiding, niemand anders behalwe Lainey is die grootste verloorder. 

LAAT HAAR ASB TOE OM TE PRAAT, VERAL MET ONS, HAAR TANNIE EN JOU, WANT DAN IS SY VEILIG.

❤DE MAMMA

Advertisements