Oral waar ek stap is daar ‘n koffiebeker wat kombuis se kant toe moet gaan.

Ek is ‘n koffiemens, regte egte koffie. Bone word gemaal en koffie word gebrou. Ek is mal oor my Seaco koffie masjien – stokoud maar werk en maal nog vir die vale. Maar wag dit is nie waaroor ek nou wil skryf nie.

Ek is besig met die “leë” bekers. Ek het ‘n man en ‘n dogter wat graag koffie versoek. But for the hell of it”, hulle het altyd so ‘n halwe cm koffie in die bodem wat hulle net nie drink nie!  Ek drink ‘n beker dolleeg, daar mag nie eens ‘n lekseltjie agterbly nie – ek kan die beker omkeer en daar sal nie ‘n enkele druppel daaruit loop nie. 
Boonop is ek altyd die een wat my skottelgoedwasser pak, heel rustig en tevrede is ek besig om my met “my own business te mind”,  net tot ek by een van hulle bekers kom en sowaar as waaragtag sal ek elke keer wat ek hulle beker omdop om in die wasser te pak, is ek, die yskas en die vloer die ene koffie bedruiping.

En elke keer skree ek in my binneste; mens sal sweer julle is “royalty” hoekom kan julle nie julle koffie klaar drink nie!

Wat is dit met sommige mense wat altyd ‘n lekseltjie iets,  in hul bekers laat?

Advertisements