1. Ek is nie juis in dit nie -maar ‘n vriend het ‘n glimlag op my fb-timeline ge-post.  

(En ek moet dit net gou hier kom verewig.)

2. My Valentynsdag het begin nes alle ander dae. My pieringoog was vroeg by ons in die huis, haar ogies het geskitter, ons gee vanaand geskenkies, nê ouma? Ai my Laan, ja… Nog ‘n bleddie geskenke dag? Dink ek in stilte. Ek sal maar iewers sjokolade harte kry en dit op die tafel sit vanaand, want vir groot gaan, gaan ek beslis nie. 

3. Die man het sy al voorspelbare hart vroegoggend sommer net as ‘n terloopse “gesture” ontvang. Iets wat ek al vir jare doen, niks groot nie, maar darem net dat hy weet ek LAAIK hom eintlik nogsteeds en dat hy nog al die pad “die een” is. Nie toegedraai of niks,  net op die bedkassie gesit, net vir hom.

4. Etenstyd kom my dogter met ‘n ietsie, ma “happie valentynsdag”    Verbaas sê/ vra ek en dit? Ma is my Valentyn… mmm… o ok, dankie my Bok dit is nou spesiaal. Ek dog jy is dalk bederf vir ‘n middagete deur iemand?  Gmf, is al wat sy daarop reageer. En in my hart weet ek waarvoor sy wens,  en my gebed is dat sy meer as dit sal kry vir dit waarvoor sy so hard wens, meer en beslis baie beter… iemand wat haar sal liefhê, onvoorwaardelik sonder dit wat uit ‘n verhouding gemaak kan word en vir die mens waarvoor sy staan. Maar ongeag my vinnige gedagtes/gebed sê ek weer, dankie my Bok.

Maar vanaand is my Valentynsdag aan my gesin…. sjokolade bere, want die wereld se harte is vir vandag uitverkoop, net sodat ons so ‘n gedagte of wat aan die liefde kan gee, en dan so ook kan 
onthou regte egte liefdesdae = 365 dae pj, en nie slegs 1 enkele ou daggie nie, moet dus nie vergeet om more nogsteeds lief te hê nie. Waarom? Want die liefde oorwin als….

Advertisements