Kouevuur

Daar is mos name vir alle –isse;

perfeksionis, rassis, alkoholis… ensovoorts. Taal-puris. Dis dalk so bietjie wat ek is – nee wag, ook nie heeltemal nie, want my taal is ook maar ver van suiwer af. Dan seker eerder spel-puris.

Ek het ‘n kleintjie dood aan spelfoute, om van die deesdae se tekstaal nie eers te praat nie. Is om van op te gooi, soos daai opgooi mannetjie op Skype, sommer sulke groen blertse.

Maar iets waarteen ek my deesdae aanmekaar vasloop, is die gebruik van breek en breuk. En asseblief, correct me if I’m wrong, maar na die beste van my wete is ‘n breuk iets wat stukkend is of iets wat mens in wiskunde kry.

Jy is NIE op ‘n teebreuk of ‘n wegbreuk naweek nie. Die tyd het NIE aangebreuk nie! Dis donnerswil BREEK!!! Teebreek, wegbreek, aanbreek (en dis in elk geval daarby nog…

View original post 17 more words

Advertisements