Ouerskap kom beslis nie maklik nie, in elk geval nie vir die uwe nie! 

Nes ek en my kinders se pa uit ons ouers se foute probeer leer het, sal ons kinders seker ook uit ons foute iets kry om te leer. En so sal hulle kinders weer uit hul foute leer. 

Hopelik leer die een generasie uiteindelik vanuit ‘n vorige een se foute en dalk eendag, net eendag,  sal ons net kinders met die perfekte kinderlewe oplewer, ten koste van al die foute wat hope vorige generasies moes deurmaak…

  • FOUTLOSE  ouers met dolgelukkige kinders, wat die aflosstokkie aan ‘n vlg generasie sal kan oorgee… en ‘n wereld sonder die kamer van sielkundiges en allerhande beraders wat sin aan stukkende volwassenes moet probeer gee nie.

    Advertisements