Ek myself is maar ‘n “creature of habit” ek sukkel met verandering ongeag almal wat so graag vir my sê, “a change is as good as a holiday”

Ek weet nog vir altyd as ek en my man eendag gaan aftree gaan dit in die Kaap wees – ek is absoluut versot op als van die Kaap – die onvoorspelbare weer wakker iets in my, die “scenery” is baie sag op my oog, die ongereptheid van die berge met die see wat so tydig en ontydig aan sy voete kom raak maak my opgewonde, vir my en my honde, wat eintlik ook net see-honde wil wees.

Maar nou is eendag hier, en skielik is ek bang vir eendag… ek is lief vir die Kaap, maar die Kaap is so flippen ver van my mense wat my lewensmat deel. Die grond is gekoop, die planne wag om te realiseer – ons aftree huis waaroor ons nog altyd droom, die plek met ‘n uitsig vanuit die Helderberge vanaf Gordonsbaai tot reg by Kaappunt, met niks om my sig te belemmer nie, ek en my man droom groot, baie groter as wat ons sg “budget” ons toelaat om te droom.

Maar saans as ek my kop neerlê oorval die vrees my met al die “sê nou nets” en ek raak bang, want huidiglik is my lewe soos die van ‘n kommune leier en somtyds kommune slaaf, met die dat my kinders ons erf deel. Maar met dit kom daar ook ander dinge.

My kinders het nog nooit werklik my en hul pa gemis nie want ons was maar nog altyd iewers op die agtergrond besig met ons eie dinge en baie van hul dinge. Ek besef elke dag al hoe meer, hulle het nog nooit die kans gehad om ons te waardeer soos wat ander volwasse kinders hul ouers se “input” in hul lewe waardeer nie. Ons word so as vanselfsprekend aanvaar en somtyds sekerlik misbruik. Dit grief my op die beste van tye – maar ek bly bang, wat as, sê nou net…
Wat van Lainey, ek raak bang, sê nou net sy ervaar dit as net nog ‘n verwerping in haar lewe? Nog iemand wat uitstap op haar en haar pa? En ek raak bang. Ek dink aan my man kind, sal hy ok wees al het hy ‘n naweekvrou in sy lewe, gaan hy ok wees? Ek dink aan my dogter, met baie seer in haar hart en waarvan sy tydig en ontydig by my kom ontslae raak.

En ek raak bang.

Elke dag oppad werk toe praat ek met die Here oor als en almal. Ek vra HOM om my asb tog net te wys dat ons die regte ding doen, dat die KAAP ons plek is en dat als ok gaan wees met dit wat ek agterlaat. Ek is dan op die beste van tye kwaad vir my man wat so kinderlik opgewonde is oor die vooruitsigte, en al waaraan ek kan dink is hoe om als te vertraag.

Ek wil dit vertraag want ek is bang, ek is bang om nie in beheer te kan wees nie, ek is bang na verlang, al is dit nie asof ek kontinente weg van my kinders en Lainey is nie.

En bo als is ek vrek bang vir verandering – maar diep in my hart, baie diep waar ek dit ver weg van allerhande oë kan wegsteek, weet ek die tyd is hier… ‘n gebore en getoë Pretorianer/Tshwaniet/Centurion wat haarself huidiglik iewers in  HALFWAY HOUSE bevind, moet oë toeknyp en die “LEAP OF FAITH” doen en als wat so bekend is vir eers verlaat om die MOEDERSTAD te gaan omhels!

 a person who follows an unvarying routine.

“he’s a creature of habit—he keeps to the places he knows

Advertisements