​Dit is vroegoggend en my foon kondig aan, moekie verjaar…

En ek verlang…

Ek verlang want MY onvoorwaardelik is nie meer met my nie. 

Ek verlang want MY oor is nie meer nie.

Ek verlang want MY net saam in stilte is weg, te gou, te skielik. 

Dit is vroegoggend en met ‘n hart wat verlang staan ek maar op, al te bewus dat dit die 2de jaar is wat ek nie DIE OPROEP gaan maak nie. 

En ek verlang met ‘n ongekende seer hier diep binne my. 

Hoe is dit dat kinders somtyds goed so as vanselfsprekend kan vat? Eerder gekies het om die goeie mis te kyk en net die kamtige sleg te omarm? Ek verlang.
By die werk gekom kry ek ‘n oproep, dit is pa en pa sê, “jy is seker nie eens bewus dat dit vandag jou ma se verjaarsdag sou wees nie?” Nee pa, ek is maar al te bewus, van lank voor almal nog op was vanmore was die verlange soos ‘n brandende vuur binne my hart. 
Maar wat wil pa hê? Moet ek haar bel? Ek kan nie, die hemele weet ek kan nie!!! Wat soek pa so vroeg met my? “Ek sê maar net ma verjaar!” En ek antwoord hom, “happy birthday to you, happy birthday dear ma….” Is pa nou tevrede?

En ek verlang nogsteeds, en veral juis omdat ek als as so vanselfsprekend gemaak het. En die “miss you like crazy” wil net nie draagliker raak nie… in elk geval nie nou-al nie.

Ma sou vandag verjaar het pa xxx en ek weet dit, want ek voel dit in my hart sonder dat iemand my moet sê!

Advertisements