Sonder om nou soos moeder Theresa te klink, maar ek glo vas dat die wereld kan doen met meer givers than takers. 

Dit is al vir baie jare soos ‘n 2de natuur by my om elke maand ‘n pr rand se vyf rand muntstukke by die bank te kry vir die karwagte. Ek het ‘n houer vir dit. Dit voel vir my soos om ‘n klein verskilletjie in iemand se lewe te maak, en ook ‘n manier om die werkloosheid wat al hoe groter in ons land raak, te help beveg.

Ek kyk baiekeer na mense wat wegtrek in hul karre sonder om selfs ‘n gratis erkenning van menswees aan die karwagte te gee, wat nog te sê ‘n muntstuk of twee. Maar met diesulkes het ek glad nie ‘n probleem nie.

My probleem is met die naastes van my. Dit maak my bitter as hulle vergeet wat ek hulle geleer het, of net deur wat hulle in hul lewe saam met my waargeneem het.

Ek en my dogter oefen elke Woensdag saam,  en ek sien elke Woensdag hoe sy haar uit die voete maak as sy ry, net om seker te maak sy hoef nie die persone/karwag ‘n ietsie te gee nie. Dit is vir my swaar want ek weet omdat sy die hoogs gekwalifiseerde persoon in my huis is, kry sy beslis ook die vetste salaristjek pm. Ek haat dit dat sy selfs sukkel om net erkenning aan die persone te gee deur ‘n eenvoudige groet.

Ons het al baie vasgesit oor dit, sy reken ek weet nie van dit wat sy ondersteun/ gee nie,  en ondersteuning gaan nie altyd oor geld nie, ek stem saam met dit,  maar ek weet ook arm mense kan nie leef op net ondersteuning nie. 

Sy en haar vriendin het my ook Saterdag half en half in ‘n hoek gedryf oor geld wat die kerk voor vra. Haar vriendin is baie betrokke by die kerk maar reken die pastore gee net mooi nooit ooit iets nie?

Sy weet dit, sy het nog nooit gesien dat enige van die pastore ietsie in die kollektebordjie gooi nie. Hulle het ‘n baie duur leefstyl en al wat hulle doen is om elke nou en dan geld te preek, haar tyd is haar 10de aan die kerk. Wel my liewe dogter het als beaam, alhoewel sy self nie werk by die kerk nie. Ek praat en praat, maar als het ‘n teenreaksie, ek verduidelik, waarom so bekommerd oor die pastore wat nie gee nie? Die Here hou die kerk verantwoordbaar,  en ons is in die Bybel aangesê om ons tiendes na die kerk te neem ongeag wat die kerk daarmee doen! Maar ek verloor, ongeag wat ek sê.

Ek sê vir hulle,  onthou ook  net as mens se hand die heeltyd toe is kan jy ook nie ontvang nie,  en net daar sal sy, die een wat my ma noem,  my as volg antwoord: “o, so mens gee om te ontvang, nie baie edel nie?” Wat atwoord ek want sy is baas in sirkel redenasies, en ongeag wat ek sê,  sy sal ‘n verklaring daarvoor hê en dit dus regverdig.

Ek kry swaar,  want die rede van my gee is nie om te kan ontvang, my rede is ek sien ‘n ander se nood, ek sien die verwagting, al is dit net vir die erkenning van diesulkes se menswees.

Die karwagte is tog nou maar deel van ons samelewing, hulle staan nie met ‘n bord om die nek en ‘n bottel gom in die hand nie – hulle werk, en al is hul werk van so aard dat sommige van ons kan dink dit is nie werk nie, is dit hul trots en gee dit aan hulle ‘n mate van menswaardigheid terug. Ongeag van ‘n jongvrou waarna ek eendag staan en kyk het,  wat haar so vir die karwag vererg het oor hy daar staan en “karre oppas”, dat sy ‘n hele hand vol kleingeld gevat het en dit nie vir hom in sy hand wou gee nie maar dit die hele parkeerarea vol gesmyt het en vererg weggery het. Ek het so na die ouman gekyk en ‘n hartseer het my oorval, want so steel ons elke nou en dan net ‘n bietjie van iemand se menswees, totdat daar niks van oor is nie. Mag die Here ons genadig wees, omdat dit die manier is hoe ons ons naaste behandel. 

Mag my kinders op ‘n stadium kom waar hulle sal weet my oophand is beslis nie om te ontvang nie,  maar wel omdat daar iets groter binne my is, as ekself. En daai persoon het aan ‘n kruis gehang, nie net vir die slimmes, rykes, goeies en oulikes nie, maar vir almal van ons wat hierdie aarde bewoon.

Advertisements