foto 1 die nuusbrief

En so is dit toe  die grootdag die afgelope Saterdag. Mooi troue op ‘n beperkte begroting kan beslis gedoen wees.

foto 2 hier begin ons

Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek ‘n troue bygewoon het nie, als word mos deesdae agterstevoor om gedoen, baie mense proefloop die huwelik en gooi sommer dan kinders ook in die spektrum om seker te maak die “maybe baby” gaan in die toekoms hou. En dan trou hulle met in elk geval die gedagte in die agterkop van, ag as dit nie werk nie, skei ons, met hul eie kindertjies wat ringdraers en blommemeisies is op pa en ma se agterstevoor om trouery.

foto 3 kinders welkom by die seremonie.

Maar o nee, nie die slag nie als is eksie perfeksie gedoen, verlowing, beplanning, geen french kiss,  geen vat waar jy dalk kan lus raak vir stoutwees nie – niks van daai goed nie. En spyker, nie hier nie,  want ons mooi mevrou glo aan heiligheid voor die huwelik en weet ek nie watter aanwins dit is nie, want ja, ek was een van die klaarblyklike wilde nursies wat als wou beproef tot my bittere spyt vandag, want my kinders kan nou pointshame en blame sonder dat ek my bek mag rek. Daai ding van ons is ons grootste vyande ken ek, want ek is die duiwel in vir my eie swak oordeel in my jongdae.

foto 4 op die lied open ons die formaliteite

En so was die seremonie ook, volbring in ‘n soort heiligheid, die nuwe mnr en mev het selfs nagmaal genuttig na die ringe gegee is, ten aanskoue van al hul gaste. Sjoe, was so mooi simbool wat hulle ingebring het. 

foto 5 amper mnr en mev

Die drie eenheid was oral tasbaar in die hele seremonie en ek weet hierdie keer is hierdie huwelik in die hemel gemaak en ek glo niks of niemand sal die mooi heiligheid kan skaad nie, ongeag die omstandighede waarin mnr en mev hulself in ‘n gegewe oomblik bevind. Die fondasie is daar vanaf die dag met die verlowing. As ek die pad nie saam met die tweetjies gestap het nie, sou ek waaragtag gesê het dat dit ‘n lieg is.

foto 6 mooi bekostigbare venue

Maar hier het ek ook gesien dit is ‘n lieg as mense sê jy kan nie meer vandag onder ‘n half miljoen ‘n ordentelike troue hou nie. As familie almal ‘n bydrae lewer kan jy nogal onder honderduisend rand lekker paartie  met ‘n hele klomp gaste saam. Tannies maak blomme, aanstaande skoonma’s help dek, dekor is meeste kere selfgemaak sonder dat dit goedkoop lyk, deur die jonge nuwe mevrou, want sy is ‘n dierbare perfeksionis. Haar pa se broer het ‘n band en hulle het ons almal tot die vroeë oggendure ingerock, oud en jonk. 

foto 7 as almal help, spaar ons rand en sent

Die venue hoef nie die een of ander 5ster instelling te wees nie, daar is baie plekke in privaat besit wat rerig vir  mooi huwelike cater. En die trourok,  word met liefde deur die bruid se ma,  en die se suster met groot liefde aanmekaar gesit.

foto 8 elke gas ontvang ‘n mooi servet met hul eie naam daarop

Mooiste mooi, eenvoudig maar mooi. Haar ma het tot wie weet watter tyd haar kosbare vail gemaak en ek weet sy het geweet dat die slag is dit nie vir die show nie, maar haar kind sal met ‘n rein hart in haar maagdelike witrok en vail kan stap sonder enige smet daarop. 

foto 9 ons is in die eg verbind

Ja-ja, julle sal sê dit is outyds, ek is outyds,  want vandag besef ek die waarde daarin. Ek besef die waarde daarin as ‘n jongmeisie in vandag se tye nie ingee onder druk nie. As sy haar amper skoonma op die vlg vraag so antwoord. 

Liefie, jy en jou nuwe man gaan nou die dag na die troue saam met ons almal ontbyt eet, ook met jul vriende van ver voor julle vlug? En sy antwoord, “oor my dooie liggaam tannie, ons eet ontbyt in die bed en ek sien almal na die honeymoon. Ek gaan beslis nie almal face die oggend na my troue nie want almal gaan weet wat ons gedoen het.”

foto 10 tyd vir snaaks wees is daar altyd

Ek bars uit van die lag en vertel my suster, asof hulle gaan krag hê vir sports na die groot afloop na die troue… hulle gaan slaap tot die honeymoon die volgende dag begin. Ke-ke-ke lag ek lekker!

foto 11 myne en joune is ons seël

Maar ja, dit was mooi, dit was heilig en daarom mag niemand, maar niemand dit wat die Liewe Vader saamgevoeg het kom vernietig nie. 

foto 12 kinders wees deel, al pop julle oral en hier en daar op.

Ek is opgewonde saam met hulle om deel te wees van hulle twee se mooi lewensreis, en voel geëerd dat ek deel daarvan mag wees. 

foto 13 vir altyd en verewig

En in stilte kyk ek na my suster, met die alewige groenoogmonster hierop my skouer, wat ek heeltyd moet aansê om te wyk, en sê vir myself, damn,  sy het haar manskinders so mooi grootgemaak!

foto 14 Die uwe en ‘n gedeelte van haar se gesin…

Advertisements