My werksweek het Donderdag begin, dankie tog die twee dae was vrek besig maar soos julle kan sien ek is hier, ek het dit dus oorleef.

Die amper honeymooner se bachelor is môre. My man en seun gaan more deurry Roodeplaat Dam toe om die affêre te vier, gelukkig is dit ‘n oornag ding – maw die manne kan kuier sonder ‘n geteem van, “jy het nou genoeg gehad 😲” en gedra jou nou! 

Ek juig in myself, en vertel die man van die huis dat ek more gaan fliek, dan Sushi kry, want “net ek”  het my nou lus vir lekker sushi. Dit gaan heerlik wees, ek dink ek gaan Cinema Nouveau toe, en sommer 2 flieks kyk. Hy antwoord ewe; “ek hoop jy gaan darem alleen, of laat ek dit so stel, nie saam met ‘n oulike man nie” 

Is jy stapelgek, my kosbare alleentyd deel ek met niks of niemand nie!

Jipiee… ek is van môre 13:00 vir, ‘n  paar uur lank net verantwoordelik aan myself, die “tv remote” is myne, ek kan gaan slaap wanneer ek wil,  en ek kerk Sondag saam met my geliefde Radio Kansel in die bed, met niemand wat kan “demand” nie.

LIFE IS GOOD!!! Juis omdat ek weet my alleentyd is van korte duur, die man in my lewe kom Sondag terug, dalk met ‘n hangover, dalk nie…. omdat my vooraf preek hopelik gaan vassit in sy agterkop, maar ek twyfel die slag sterk… maar ek weet… hy kom darem terug…  en dan is dit die troue, die Saterdag daarna!! (Vervolg)

Advertisements