Ja Here, ek doen dit soos elke jaar te vore. Ek plaas die Nuwe Jaar in U kundige hande. 

Die komende jaar sal ek niks vooruit hardloop nie, ek sal nie die ramp voor my oog sien afspeel voordat dit ‘n werklikheid is nie… 
Here ek sal nie, ek sal nie, ek sal nie als by U voete gaan neerlê net om dit dan weer oor ‘n paar uur terug te gaan gryp en nes ‘n stoute kind sê: myne, myne, myne en dit dan poerdez moerdez toe bestuur en beheer nie.

Die jaar wat kom gaan ek rerig op U staatmaak, maar “U My Maker” moet asb tog net beheer oorvat want U ken my van voor my moederskoot af, U weet dat ek ‘n probleem met oorgawe het. 

Ek is nou moeg en wil rerig my als in U hande toevertrou, nie soos in die vorige jare deur te sê ek gee dit oor, net om dit weer te gryp omdat ek dit klaarblyklik vinniger en beter kan afhandel. 

My Maker, die is nie ‘n Nuwejrs voorneme nie, U weet dit doen ek nie, die is eintlik net ‘n smeking omdat ek in nederigheid tot die besef gekom het dat ek ook maar net mens is, ‘n spikkeltjie in ‘n baie groter prentjie waarvan U alleen die uitkoms ken, sonder dat ek dit hoef te beheer.

Advertisements