Ek staan altyd in verwondering (awe) oor die grootheid van die oseaan

Soos julle weet was ek maar “highly strunged” voor ons hierheen gekom het agv persoonlike goete waaroor ek geen beheer het nie. 

Ek verstom myself oor my honde se ongekende vryheid – hulle hardloop en baljaar op die strand terwyl hulle weet ons is deel van hulle trop. Ek sê vir my man dit is asof hulle hul/ons Maker se genade self ervaar. 

Die see is beslis die plek waar mens en dier hulself kan kom skoonmaak van die afgelope jaar se spanning, wanhoop en hartseer oor omstandighede waaroor hulself nie beheer het nie.

Ek kan nou maar eenmaal nie na die see kyk sonder om God se grootheid te ervaar nie – dit maak my opgewonde, dit laat my, my kleinheid besef, en dit maak dat ek uitsien na die belofte van soveel beter na die reis wat ons hierop aarde gehad het. Want as my God als in sulke perfekte harmonie kan sinkroniseer waar Hy die mens in beheer gesit het, hoeveel beter gaan dit nie wees as Hy ons in dit plaas waaroor Hy oorspronklik gedroom het vir ons as mens, en self in beheer is nie?

Ek sien uit na ‘n nuwejr in die aangesig van die oue wat ek kon afhandel met die besef dat God almagtig is, so almagtig dat self die diere in absolute “AWE” voor Sy handewerk staan die oomblik wat hulle hul 4 pote op ‘n strand sit.

(Kapoet na ‘n dag op die strand)

Alhoewel dit die eerste keer sal wees waar ek en my man stoksielalleen in 32 jaar oor hierdie feestyd gaan wees, weet ek dit is goed, dit is waar ek vandag en more moet wees, stoksielalleen net om weer in retrospek God se genade tasbaar te kan ervaar in my lewe, sonder die alewige geraas om my, in stilte met net ek en my God, want dit is in die tyd wat my man gemaklik in die agtergrond tree vir sy alleentyd met sy God by hom langs ‘n oop braaivleisvuurtjie vir twee met ‘n bier of drie in die hand.
Geseënde Jesus-fees en mag julle julself in goeie geselskap bevind tydens hierdie feestyd!

(awe

ɔː/noun 

a feeling of reverential respect mixed with fear or wonder.“they gazed in awe at the small mountain of diamonds”

  1. Synonyms: wonderwondermentamazementastonishment; 

    admirationreverence,venerationrespect; 

    dreadterrorfear


    “the sight filled me with awe”

    revereworshippay homage to,venerateadulateidolizeput on a pedestal, lionizehero-worship,honourloverespect.)

Advertisements