karma

 

Genade, as ek so deur my eie BLOG wroeg dan moet almal dink ek is bipoler, toe nie, dit is net daai ding van “shit happens” en in my geval die laaste 9 jr baie meer as die norm, want tog is ek redelik verby my middeljare en beide my kinders is volwasse mense. Sê  NET HUL OUDERDOM VIR MY.

Ek dink dit is omdat ek so “heppie chappie” was NET omdat ek gedink het tieners is ‘n “smooth ride’, ek het altyd my vergaap aan almal se stories met hul tieners. “WHAT, REALLY?”  Wel windgat wat ek was, dankie tog ek het myne genoeg geneuk, het ek in die stilligheid gedink ek is oulik… na-na-na…

“Daai deng van KARMA” het sowaar as waaragtig sy tong vir my kom uitsteek toe ek dit die minste verwag het.

My se generasie mense “travel” die wereld vol, hul se kindertjes vlieg soos arende, lewe hul se lewens in hul grend huise, en nooi selfs vir pa en ma om so nou en dan die huis en diere te kom oppas as hulle met hul “designers outfits” en “suitcases” die vliegtuig in 1ste klas neem, oppad na die een of ander eksotiese bestemming.

Ek “fake” ‘n glimlag op al hul “fb updates”, grasgroen van jaloesie, en vertel hulle ewe hoe trots ek saam met hulle is oor hul kindertjies se sukses in ALLE fasette van hul lewens. (JA, MOET NOU NET NIE Sê EK VERGELYK TE VEEL NIE)  ek is mos nou maar ook net mens, en sukkel maar so bietjie om nie net die mooi in my vrinne se “heppie families” raak te sien nie.

En dan wanneer dit uiteindelik stilraak hier diep binne my, vra ek, Here nou waarom het U nie maar vir my normale tieners gegee nie – hoe is dit dan nou dat ek voel of ek NOU die ma van dit is???? Ek sou dit sekerlik beter kon hanteer het toe,  want ek dink nie ek het nou die “konstitusie” vir al hierdie storms en drange nie – en nog minder het hul amper 60 jarige pa die verstaan in hom vir dit… want as ek bipoler begin voorkom, raak hy verby bemoerd, en wil als en almal op die plek uitsorteer, ongeag die gevolge wat ek beslis nie nou sou kon hanteer nie.

Maar ja, nie bipoler nie, net die ma van volwasse tieners wat betref verhoudings -en nee, my BLOG sal nie vir altyd die stempel van die een of ander geestesafwyking dra nie, want dankie Vader ek is oud genoeg om darem te weet dat dit ook sal verby gaan, en hopelik is die skade in die binnekring nie vir altyd nie.

En lees julle dalk ook nog my BLOG soos een laaaang mooi vakansie, nes  die van die “normale” mense om my, met mooi fotos daarby as bewys van, “been there, done that”… 

En intussen wens ek nogsteeds dit is al Januarie 2017 want dan klink OKTOBER, NOVEMBER, DESEMBER gelukkig flippen ver 😉

karma-2

 

Advertisements