Alhoewel ekself nie meer kinders op skool het nie, het ek wel ‘n kleinkind op skool. Maar hierdie rapporte is deesdae vir my netso nikseggend soos ‘n stuk toiletpapier wat mens, jy weet waar deurtrek.

rapport

Ek kyk eerste na my liefste Laan Paan se punte, sjoe Lanie, maar jy is slimmer as slim, ek is so trots op jou as jy so aanhou gaan jy beslis nes jou geliefde tannie ook jou Veearts wees, ‘n realiteit kan maak.

Maar dan, ja maar, sodra ek daai grd 2 rapportjie van nader beskou dan kom die rooiligte in alle kleure van rooi by my op.

In my dae was ‘n goeie grd gemiddeld so tussen 55% en 65% per vak. Ons was gemeet deur ons ouers aan DAAI gemiddeld oor waar ons nou eintlik lê. So was dit ook met my kinders, wat nou vroeg in die dertig en laat twintigs is.

Ek sien die graad gemiddeld op daai rapportjie is nie vir een vak onder ‘n 6 nie, 7 is die beste – julle is ‘n klomp slim kindertjies in hierdie staatskool dink in my stilligheid. Hoe meer ek dink, hoe meer wonder ek, genade as ek die kindertjies so uitkyk op skool funksies ens, dan lyk dit werklik nie vir my of die skool vol geniale kindertjies is nie, inteendeel almal lyk maar redelik gemiddeld. En ek wonder hoe dan nou???

Is die skool standaard dan van so aard dat elke moontlike kindjie in die skool ‘n A+ student is, of is die kirikulum waarop die kinders huidiglik is, bedoel vir lek en plak en basta met die res.

Dit maak my benoud, dit laat my glo dat ons stuur ‘n klomp mense die toekoms in, wat nie werklik toegerus is vir Tersiëre Onderrig nie.

My realiteit sê vir my dit is onmoontlik vir een skool om so baie slim kinders te hê, en ek moet ongelukkig dink dat die standaarde is in so mate verlaag  om ‘n hele demografie van ‘n omgewing se kinders te help om deur hul skoolloopbaan te kom, ongeag die latere prys wat hulle dalk gaan betaal.

Sjoe, my liefste LAAN PAAN jy bly slim vir my, maar gaan jy dit in jou hê om vir 8jr op Universiteit te wees en te vergeet van enige tipe sosiale lewe in daai tyd? Net om aan die einde van daai 8 jr te kan sê: GELUK BSC-VEEARTSENY/MIKROBIOLOGIE – want vanwaar ek staan lyk dit of die huidige kurikulum kinders dom maak, jammer om dit te moet sê my liefste blou-oog, jammer om dit te sê. DAAR WAG BAIE “KNIEG” WERK VIR MY want ek weet hoe graag jy nes jou tannie, tog net ‘n diere dokter wil word – sonder dat dit nodig is dat jy na ‘n privaat skool te moet gaan vir daai voorreg.

Advertisements