Soos ‘n spook uit ‘n vorige lewe… klop klop jy aan my gedagtes. 

Tragies is al wat ek kan sê, as ek jou so op jou facebook profiel probeer lees. Jy wat was, jy my kosbare vriendin se gewese man.

Hoe baie het sy nie by my gehuil oor jou verslawing, oor jou erge depressie wat haar ook van tyd tot tyd kom wurg het nie – ‘n geniale man wat nie “meant to be” was vir die tye waarin ons geleef het nie. ‘n Man van Namibie se oop vlaktes wat vir homself en sy gesin ‘n lewe moes kom oopkap in ‘n ongenaakbare stad, en geen ooptes waaroor jy jou oë kon gooi. Dit moes in hierdie stad gewees het waar jy jouself verloor het, dit is al wat ek kan dink as ek terugloop in jou eensame verlede in.

Josef Blaauw – wie was jy, jy waarvan ek terloops moes hoor is nie meer nie? Ek soek jou kinders in jou lewe, ek kry niks, my vriendin, jou gewese vrou is ook nerens, familie nerens. 

Hoe is dit moonlik dat in 63jr op hierdie aarde daar slegs 2 mense is wat sê RIV Josè Blaauw.Waarvan ek eintlik jou gewese vrou se vriendin is en nie juis geraak te wees oor jou skielike heengaan. Tot vandag weet ek nie waaraan nie,  want die durf om te vra ontgaan my. Ek is bang ek gaan daarna vir jou nalatenskap wil baklei. 

Josè,  soos ek jou ken, was volgens my nie ‘n slegte mens nie, Josè was ‘n man, ‘n pa en selfs ‘n oupa maar hoekom voel dit vir my asof jy nie vir een van daai erkenning gekry het nie, selfs in die tyd wat jy hierdie wrede plek verlaat het.

Jy het jouself met min omring, diere oor wie se kyk jy gewonder het en dan met woorde vol hunkering en teleurstelling. ‘n Enkele foto van ‘n kleinkind op jou so leë skoot – wat ook die enigste teken is van Josè wat iewers in sy lewe ook ‘n pa, ‘n man was. 

Ek weet ek MOET hierdie woorde hierin hierdie ruimte los, want vir my was jou lewe nie in “vain” nie, al was jy my kosbare vriendin se gewese man, was jy ook ‘n pa en ‘n oupa, ek mis jou op die vreemdste tye. Weereens RIV jy was kosbaar, ongeag die nare siekte wat ons depressie noem, was jy ‘n aanwins vir hierdie wereld want God het deur jou geboorte aan SY kinders gegee, by name Ida, Henk en Tamar. MAW jy was toe nie rerig, “not meant to be”…

Jou facebook profiel spreek van ‘n man vol hartseer, vol “regrets” waarvoor daar nie vergifenis was van diegene wat saakmaak nie, eensaamheid met ‘n dier by jou voete waarby jy jou soeke na antwoorde hardop uitsug met die besliste wete daar sal geen antwoord kom nie, behalwe ‘n diepe kyk van ek verstaan…. 

Jy spook op die vreemdste tye hierin my kop, jy “booh” my wanneer dit stilraak hierbinne my. 

Josè Blaauw was ‘n geniale man! Josè was die pa van Ida, Henk en Tamar, hy was ook ‘n oupa, en die gewese oorlede man van my kosbare vriendin, Magdel. 

Advertisements