Jitte watter groot woord. Ek het ‘n klient wat nie meer ‘n klient is nie – maar wat wel deur die jare ‘n srt vriendin geraak het.

Veral op ‘n geestelike vlak dink ons nogal identies, sy is heelwat jonger as ek maar sy en haar man is groot besigheidsmense.

Ons drink nie saam koffie nie, ons kuier nie eens saam nie. Maar ons kommunikeer met mekaar deur e-posse, facebook,whatsapp’s ens. Maar weereens altyd oor geestelike aspekte.

Vandag is daar so pr you tube videos wat sy vir my gestuur het. Dit maak my opgewonde dit gaan onder andere oor die nuwe president van die VSA en sy rol in die verskillende profesieë in die Bybel. 

Ek sê dankie vir haar en groet haar.

Haar laaste boodskap wat sy stuur sê die volgende woorde: “JY INSPIREER MY, DANKIE” en “JY IS REGTIG ‘N VOORBEELD VIR MY”

Dit is waaragtig die eerste mens in ny hele lewe wat die woorde teenoor my uiter. Ek weet nie wat om daarop te antwoord nie…maar antwoord as volg: Ai Sonnet, dit is groot woorde. Al wat ek kan sê is dankie, maar ai komende van jou is dit rerig groot woorde…. 

Hierdie tipe woorde is vir my bangmaak woorde, ek wonder wat se verantwoordelikheid gaan daarmee gepaard? En ek wonder oor al ons vorige gesprekke en ek wonder wat was daarin dat ek haar ooit die woorde kon laat uiter.

Ek voel skaam geëerd, want volgens my kom dit uit ‘n oord wat ekself nogal hoog ag en het ek dit dus nooit ooit verwag nie…

Advertisements