Ek dink ons is op dieselfde plek?

Ek is vanmore doer… ver terug in my verlede.

Vanoggend oppad werk toe, in die mal verkeer van die sg “BLACK FRIDAY”, het ek ook allerhande terugflitse gekry rakende my kinders en selfs toe ek self  kind was.

Ek wou daaroor blog, nou lees ek voor ek kon blog, maar jy, (“woorde” se PA?) het my gedagtewereld vasgevang, dit gaan dalk na plagiaat lyk… sal maar wag en kyk hoe my dag en woorde aangaan, gaan ek blog of gaan ek nog vir ‘n wyle stil wees met my eie gedagtes wat my so kom koggel in hierdie laat November wat net te gou gekom het, en noudat ek nie meer self kind is nie. Met weemoed/heimwee vervul, niks anders as weemoed/heimwee, omdat ek besef die tyd het toe “waaragtag” al die tyd wel vlerke, nes my voorouers en my eie ouers so dikwels gesê het, en ek dit nie kon of wou verstaan nie.

Ek besef hoekom daar so baie oumense is wat ons, as ons wel die slag tyd het vir hulle, en hul rerig in die oog kyk die weemoed/heimwee so tasbaar kan raak kyk.

Ek weet as iemand my vanoggend ook rerig in die oog gekyk het, sou hulle raaksien dat dit gevul is met weemoed/heimwee  Baie vrae waarvoor daar nie antwoorde is nie, baie goed wat ek eerder so anders sou wou doen, liefde wat ek eerder so anders sou wou gee en dalk ‘n bietjie suiniger mee kon wees. Die lewe is ‘n harde leermeester en ekself is dalk my eie hardste kritikus.

Oppervlakkig wees, is baie swaar vir my, baie mense het al gesê “maak die knoop in jou hol los” en geniet dit wat die lewe jou bied. Die ironie is ek doen, ek geniet dit wat die lewe my bied, maar op ‘n ander vlak as wat dit klaarblyklik die norm is. 

Ek het nog altyd gedink ek is net ‘n swart en wit mens- hoe ouer ek raak sien ek die grys van hierdie lewe baie meer raak, en dit is waar ek myself die meeste van die tyd in my kop bevind, in daai grys areas, daar waar ek antwoorde soek en daar nie voor antwoorde is nie. Die swart en wit mens wat ek is…

Ek kyk na my kinders, hulle is goeie mense, ons stamp kop – maar hulle is goeie grootmense, met ‘n fantastiese verantwoordelikheidsin. Hulle was nooit rebels en het ook nooit ongeoorloofde goed, vlg die samelewing se reëls gedoen nie. MAW hulle sal ook as dood “boring” volgens dieselfde samelewing se reëls geag word. My dogter is ‘n wetenskaplike, sy werk met feite – my seun is beslis in sy vorige lewe ‘n historikus gewees nou ‘n amperse rekenmeester, iets wat hy hardop haat – hy hou van, “kom ons leer uit die verlede, sodat dit beter vorentoe kan gaan” – maar hy is ook soos sy pa,(wie ek tydig en ontydig vooraf  met ‘n kuier sal sê, “onthou net ek is nie met die “familie clown” getroud nie en hou jouself in toom”) maw ‘n grapgat seun, soos sy pa, en broer tot my en sy meer ernstige suster se frustrasie, maar sy 8 jarige dogtertjie se groot vermaak.

Maar nogsteeds voel ek ek het “hierdie mense” iewers langs die pad misluk – waarom weet ek nie? Miskien is dit omdat daar tydig en ontydig diegene is wat hulself regverdig oor my doen en late in my kinders se  huidige lewens en dit dan te bevraagteken. Dan begin ek in daai grysgebied delf, en soek ek na die swart en wit antwoorde van die sg foute wat ek dan sou begaan het? Miskien is dit nog nie te laat nie!

Weer die WEEMOED/HEIMWEE oorval my, en hoe ouer ek raak hoe besiger raak my kop want….. moes ek dit nie dalk effens anders gedoen het nie??? Die sg knoop in my hol losgemaak het nie. 

Ek dink die knoop is min of meer losser, want as my dogter haar pa aanvat oor sy “narstreke” sal ek vir haar sê, los jou pa, want lyk my mense vind hom aangenaam… ek en jy is dalk net hopeloos te ernstig vir hierdie journey wat ons die lewe noem… ongeag dat ons onse journey netso geniet soos die res van die mensdom om ons… want ons weet ook ons “destination” is nie hier nie…

Advertisements