My lewe is deurspek met musiek en woorde, my musieksmaak is baie divers. Maar ek hou glad nie van Afrikaanse musiek nie, alhoewel ek jonk en dom was in die grootste deel van die voëlvry era en ek na die tipe alternatiewe groepe geluister het, in Afrikaans. Musiek met ‘n boodskap en baiekeer ‘n middelvinger daarby.

Maar die rebel binne my het stilgeraak, dit het na te harde werk begin voel. En deesdae verkies ek kwaliteit musiek bo musiek met ‘n bs,  en verkieslik nogsteeds glad nie in Afrikaans nie. Nou luister ek graag na ‘n ” A Fine Frenzy, Jack Johnson, Need to breath, Switchfoot, David Gray, John Mayer, Renee Flemming, als wat klassiek is van Bach tot by Chopin” en hope meer, hierdie is net ‘n idee van dit waarna ek graag luister. 

Maar my dogter het vir my oa Arno Carstens se nuwe cd in Afrikaans gekoop, nogal. Koggel, koggel…

Ek dink nie dit is goed vir ‘n mens om die tyd van die jaar deur sy lirieke vasgevang te word nie, juis omdat ek ‘n aversie aan die “silly season” en sy dinge het. Ja “sy” want “silly season” moet ‘n man wees, dit is hopeloos te verspot vir ‘n vrou.
Ek wil in hibernasie gaan vanaf  1 Okt tot 2 Jan,  dink ek hardop voor my rekenaar. 

En Arno sing CHEMIKALIEË, GEE HAAR LEWE, GEE HAAR VREDE OPLAAS. 

Hy voer my terug waar ek gisteraand verbete na enige iets soek wat net die effek op my kan hê, ek gooi my bedkassie se inhoud op die vloer uit en hoop vir die een of ander vergete slaappil wat ek gekry het met die dood van my ma… want my kop het so hard geraas! En nou raas dit weer met al die afsnydatums, eindjr funksies en “black Fridays”,  waarvan ek laasjr die 1ste keer gehoor het en wat nou weer oral opspring. Ek vra my assitent hoeveel van die  verdomde “black Fridays” is daar dan in ‘n jr? Het ek en jy nie ‘n mnd terug daarvan gepraat nie? 
Nee,  ek het in my e-posse gaan kyk,  ons het laasjr Nov daarvan gepraat en daar is net een in ‘n jaar!

En ek wil skree, Arno ek soek van jou chemikalieë … CHEMIKALIEË, GEE HAAR LEWE, GEE HAAR VREDE OPLAAS 

Advertisements