Vlg die Nuwe Webster Woordeboek is die definisie van vergifnis: Om op te hou om gegrief te voel.


Tall order – maar ek het al aan my eie bas gevoel dat vergifnis maak vry. Ek dink enige mens op aarde wat voel dat hulle nog nooit gevoel het hulle het nodig om te vergewe, kan nie mens wees nie! En bo als moet jy ook kan vergewe om vergifnis te kan ontvang. Mense wat dit nie in hul het om te vergewe nie, sal ook nooit die bevryding ervaar wat met vergifnis gepaardgaan nie. 

Die kruis gaan gepaard met bo-menslike vergifnis, Jesus wat aan die kruis vir die Vader gevra het: Vader, vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie… dit is in my oë die kern van vergifnis, dit het die pad oopgemaak vir ons as mens om so ook dan mekaar te kan vergewe, ongeag die onreg wat ons voel ons aangedoen is. Want was Jesus nie die een wat die duurste prys ooit betaal het tov vergifnis, net sodat ons eendag herenig kan word met dit waarvoor ons bestaan eintlik vooraf beplan was nie?

Ek voel jammer vir mense wat weier om te vergewe! Dit is soos die spreekwoord wat lui, jy drink die gif in die hoop dat die een wat jou skade berokken het daaraan sal sterf. Dit gaan nie gebeur nie, al wat gaan gebeur is jyself sal sterf aan daai gif en dus sal jou onvergewengesindheid jou tot in jou kern siekmaak.

Soos Clara Barton van die Rooikruis wat geantwoord het op ‘n vraag oor ‘n ongeluk waarin sy baie seergekry het: vraag: Maar jy moet dit kan onthou?
Haar antwoord was as volg: Maar ek kan baie goed onthou dat ek dit vergeet het. 

Dit is hoe ons moet kan vergewe,  ons moet dit (die onreg aan ons gedoen) ook kan vergeet, want om net te vergeef bring beslis nie dieselde bevryding as om te vergeef en te vergeet. So baiekeer hoor ons, ek het vergewe, maar vergeet… never! Dit is beslis nie ten volle bevryding nie.

In Eskimo is die woord:Issumagijoujungnainermik, wat beteken “Nie in staat om meer daaroor te dink nie”

Advertisements