Ek het nogal ‘n obsessie met die feit dat ‘n vrou finansieël onafhanklik van ‘n man moet wees. Nie omdat ek die een of ander feminis is nie – maar omdat ek vasglo vrouens wat afhanklik is van hul man vir elke sent in hierdie lewe is, is van die weerbaarste individue op hierdie aarde.

Baie vrouens, getroud en ongetroud bly in ‘n ongesonde verhouding omdat hulle nie finansieël wel is om uit dit te kom nie. Moet my asb nie verkeerd verstaan nie, ek is glad nie ten gunste van egskeiding nie – maar om in ‘n siek verhouding te wees ter wille van oorlewing is rerig seker een van die ergste dinge wat met ‘n vrou kan gebeur.

My ma was een van min beroepsvroue in SA in haar generasie en haar raad aan my was altyd moet asb nie afhanklik raak van ‘n man se beursie ter wille van oorlewing nie! 

Ek kom agter selfs in die moderne tye waarin ons onsself begeef dat vrouens trou, kinders kry en dan huisvrou speel net om totaal en al afhanklik van hul man te wees vir elke dingetjie wat hulle wil doen. Dit is so ongesond. Indien jy dit wil doen begin asb vanaf maand een ‘n paar rand in ‘n aparte rekening te sit wat jy nie deel van jul begroting sien nie en los dit. Vergeet daarvan en doen dit maandeliks. Vir daai dag wat jy weet jou huwelik is siek vir jou menswees en jou kinders sin, of selfs jou verhouding, en dat jy beter af is daarsonder.

Jy moet weet dat jy jouself sal kan dra in daai moeilike tye sonder om op ander maniere ook ‘n slagoffer te wees. En dus gevange gehou te word in ‘n plek waar jy weet jy eintlik nie wil wees nie.

Vrouens is so “sterk” volgens my en ek weet as hulle finansieël onafhanklik is, is daar soveel meer wat hulle van hulself kan ontdek met die wete dat hulle in ‘n verhouding is omdat hulle daar wil wees, en nie omdat hulle daarin moet wees agv omstandighede.

Spaar van jongs af… en as jy dalk in ‘n bevoorregte posisie is waar jou huwelik gesond eindig, geniet die neseiertjie na miskien…. BALI… bederf jouself met ‘n ekstra eiendom wat dalk ‘n huurinskomste kan meebring.. of wys net vir die man in jou lewe “kyk wat het ek deur die jare vir my en jou bymekaargemaak om nou te kan geniet…” die redes vir ‘n neseiertjie is legio en daarom moet elke vrou sorg dat dit deel van haar lewensplan vir haarself is en dat sy haarself op die manier bemagtig sonder om ten koste van iets te wees.savings

Advertisements