​Vanoggend was weer een van “daai” oggende… Lainey is al vroeg hierby ons in die huis in, en vroeg-vroeg moes ek en haar oupa saam met haar deur “haar GESK-boek” gaan… vol fotos van haarself en met grepe uit haar kort lewetjie, en vol van die mense van haar hart. Haar “most priced posession” huidiglik en nog vir altyd…

Ek sidder elke keer as sy die album kom deurblaai want,  “haar trots” breek my hart in ‘n miljoen stukke. Dit laat my elke keer met soveel vrae wat ek weet ek nooit voor antwoorde in hierdie lewe gaan kry nie. In haar trots word my pyn gedefinieer en mag ek dit nie eens aan haar wys nie. 
Ek “oe” en ek “a” terwyl my hart snik… want elke keer as ek so saam met haar deur haar trots werk wonder ek oor haar ma, wat ek rerig nogsteeds liefhet,  en ek wonder wat kon ooit so erg wees dat jy jou rug op “my” kind wat joune is,  moes draai… my kind, menende Elaine van der Westhuizen, die kind met die blou sielvolle poele vir ogies… want ek verstaan as mens nie met ‘n ander oor die weg kom nie, maar jou kind!!! Hoe kon jy jou kind netso los?

Advertisements