Bella is gitswart en ek is rerig baie lief vir Bella die brak – sy is nog ‘n baba, en ek het haar vir myself gekoop dmv my dogter se soektog na die regte brak, toe ek noodgedwonge my 13 jaar oue Scottie moes laat uitsit agv orgaanversaking op 9 Augustus 2016

So is Bella se storie: En dit begin op 10 Augustus 2016

My liefste dogter het dit goedgedunk om my aandag weg te lei van myself en my groot gemis na my liefste brak, Gaby…. maar eers:

Nee, ek vier nie my brakke se verjaarsdag nie, ek het rerig nie een siek verhouding met hulle nie, kersfees is ook nie op hulle agenda nie, ek koop nie “geskenke” nie – maar damn, hulle onvoorwaardelike liefde vir my kan ek net nie miskyk op ‘n daaglikse basis nie. 

En juis daarom voel dit of ‘n stukkie van my doodgaan met die heengaan van een van hulle.

My familie het al hul dae met my na so afsterwe, ek huil asof daar geen einde gaan wees aan die leemte nie.

Die slag het Elaine haarself geskok ontferm oor my tranedal, hoe dan nou? Ek het haar belowe, gee my asb net 10 daggies van tjank, ek belowe dan sal ek ophou huil… net 10 daggies.

My arme man en dogter kon die grens net nie hanteer nie, want geen troos kon dit stop nie. My dogter was by my, om my en het als probeer om te troos in haar eie hartseer – omdat haar kollega nie by die praktyk was nie moes sy vir Gaby, ons troetelhond en my hart se punt van 13 jaar uitsit. Ek het haar gesmeek en gevra asb hou haar net vir my aan die lewe tot Desember, ek wil haar net nog eenkeer see toe vat. Maar ongelukkig was dit nie “meant to be” nie…

My seun het homself half en half verwyder uit die situasie omdat hy weet die beste ding is: vermy haar pyn, en los haar uit is dalk die veiligste opsie gegewe die verlies.

Elke keer wat my Bokkie (dit is my dogter) die huis binnestap, het sy my omarm en probeer troos en vir my gesê ek kan nie so huil nie, wat gaan ek doen as een van hulle iets sou oorkom? Wel daarnatoe gaan ek nou nie eers nie.

Sy het gereken sy moes pro aktief optree en die beste was, vervang dit wat sy so mis, nie more nie, nie oormore nie maar dadelik! En so het haar soektog na Bella-By begin, deurnag op die internet.

Ek dink sy het gedink as sy dit doen sal die ZEN van die huis terugwees… en voorwaar, asof my liefste Gaby self gaan kies het en gestuur het, kry my dogter vir my Bella-By, Bella is beslis gestuur, want nes Gaby is sy ‘n douvoordag dier, macho en selfvertroue vanself, vir niks bang nie, nie eens vir Leah die kat se aakligste
gesis as Bella-By naby haar kom- en die kersie op die koek… 

my gesig was droog alhoewel my hart nogsteeds rou is, is my gesig kurkdroog!

Hieronder is Ben, Bella-By se beste pel, al is hy reeds 8jr oud speel hy lekker met die nuwe stoute baba in die huis.

Advertisements