cross-mark

Ek en die man wat die man in my lewe is, het hare gekloof. Waarom nou? Glo dit of nie, oor die verkiesing in die VSA.

My gesonde verstand het gesê dat me Clinton (hoe onsmaaklik ookal) die vlg president van die VSA gaan wees. Ons het in ‘n weddenskap rondom dit gegaan – ‘n allemintige R1000-00

Nou ja, ek is vanmore ‘n R1000-00 armer, wat ek beslis nie die tyd van die jaar kan bekostig nie – maar ek is.

En nou het ek ‘n klomp mense wat hulle wenkbroue lig en“all over me” is en vir my sê, jy en jou liberale denke!!! Kyk na die prys wat ons in SA betaal het agv diesulkes soos jy! Liberaal ja, maar beslis in ‘n baie beperkte mate.

Maar wat niemand, selfs die man in my lewe glad nie verstaan nie, is dat ek nie vir me Clinton gestem het nie, ek hou nie van die vrou met die gulsige oë nie! Sy laat my aan ‘n slang dink as sy so staan en glimlag terwyl haar oë gluur.

Maar ek hou nog minder van die TROMPET – en al hoekom ek gedink het hy sal nie wen nie is oor ek ‘n vrou is, en volgens my sou geen, of bitter min vrouens, vir die vent gestem het. Sy hele retoriek rondom vrouens is iets om van siek te raak.

Sy woorde eggo in my ore dat al waarvoor vrouens gemaak is, is sodat mans hulle aan hul geslagsdele kan gryp en kan geniet. Hoe op aarde kan enige vrou agter so iets ‘n kruisie gaan trek het? Dit komende van ‘n man met ‘n string vrouens op sy kerfstok en dogters van sy eie… maar ja, die string vrouens spreek in elk geval klaar van sy karakter – al wat hy sien as hy ‘n vrou sien is hier kom ‘N LEKKER, en slegs vir 2 sekondes.

Nou sê ek vir julle, dankie tog ek is in SA – vandat ek stemgeregtig is het ek nog nie ‘n enkele keer, nie my kruisie gaan trek nie, want ek glo jy moet jou blaker toehou oor wat in volk en vaderland gebeur as jy nie jou merk gemaak het nie.

Maar hier waar ek vandag sit weet ek vir ‘n feit in daai verkiesing sou ek ‘n Ere Doktors Graad in “draadsit” behaal het, want ek sou so waar as waaragtag nie die moeite gedoen het om vir enige van daai twee mense te gaan stem het nie!

Selfs nie eens vir “the lesser of the evil” menende “The lesser of two evils principle (or lesser evil principle, lesser-evilism) is the principle that when faced with selecting from two unpleasant options, the one which is least harmful should be chosen”

Advertisements