Hier waar ek bly is daar byna op elke hoek en draai iemand wat vir ‘n geldjie staan en wag. Ek bevestig net nee want ek wil rerig nie verantwoordelik gehou word vir ‘n ander se misbruik van die een of ander dergelike dwelm nie.

 

saving-tin

Maar daar is een organisasie wat ek maar net nie kan verbyry sonder om hulle ‘n paar sent te gee nie. Dit is Maranata, lyk soos die een of ander tehuis vir hawelose mense.

Ek voel altyd bitter jammer vir hierdie rerige, meesal baie bejaarde mense, wat staan en bedel vir ‘n geldjie, winter, somer en selfs in die reënweer staan hulle getrou met hul blikkies en die afwagting in hul ou oë is tasbaar die oomblik wat ek hul oog vasvang. Hulle lyk nie na verslaafdes nie, maar wel na desperate mense, en boonop is hulle bejaard. Elke keer as ek hulle sien dan dank ek die Vader dat ek nooit nodig sal hê om so te staan nie, juis omdat ek ‘n netwerk mense om my het wat dit nie sal toelaat as die noodlot dit sou vereis nie.

Ek stuur sommer ook ‘n skietgebedjie op om te vra dat hul blikkie sommer vroeg-vroeg vol sal wees, sodat hulle “huistoe” kan gaan.

Maar vandag was dit ‘n ander saak – die oompie loop op my af by die robot, ek dink hulle sien in my gesig dat vir hulle kan ek nie nee sê nie.

Ek draai die venster af met ‘n geldjie in die hand – ek gee vir hom sy geldjie  met ‘n glimlag op my gesig en wat sal die vervlakste ou oompie vir my sê?

SOET WEES… WANT DIT LYK OF JY LEKKER KAN SPEEL…. Wel diegene wat my ken weet speel is baie laag op my lysie van doen, ek hou nie eers van speel nie.

Ek vererg my in ‘n ander bloedgroep en sê gee asb my geld onmiddelik terug, want waaragtag lyk dit vir jou of ek speel, as ek “die speel tipe” was sou ek nie vir julle elke keer wat ek een van julle sien ‘n geldjie kon gee nie. GMF SPEEL SE VOET!! (wat hy ookal met dit bedoel bygesê)

Advertisements