die is afgeneem in Sandton (dalk  daar geplaas net om snaaks te wees? Maar ai, die duiwel se huis is nie ‘n veilige speelplek nie)

Ek is rerig ‘n vreeslike nuuskierige mens – ek lees graag en ek ondersoek gedurig goed.

Maar hierdie Illuminati ding maak my man en kinders mal in my huis. Ek lees graag daaroor en dan deel ek graag dit wat ek gelees het met enige persoon wat lyk of hulle belangstel, of nie. Gewoonlik maak hulle als af as kaf en vir die beste wil in die wereld kan ek dit nou maar net nie regkry om saam met hulle te stem nie.

Ek maak myself glad nie af as ‘n kenner nie, maar als om my blyk dat daar ‘n derde mag aan die werk is, hulle strewe na een wereldorde en beheer vat van die mens se doen en late, ek glo dat ons dit nog eerstehands in ons lewe gaan sien.

Gister vertel ek vir my man van die Monsanto saad waarmee al die arm Afrika-lande en Indië toegegooi is, gratis en verniet, maar slegs die eerste keer, na die 1ste oes moet jy saad by hulle koop teen ‘n string voorwaardes. Ek vertel hom dat jy kan die saad eenmalig gebruik en nie jou eie saad daaruit oes nie. Hy gaan op my af en sê man dit is net gemanipuleer vir goggas en, en. O nê, sê ek vir hom, gaan lees ‘n bietjie daaroor na en dan kyk jy hoe streng reguleer hulle dit. Wat help dit as jy nie jou eie saad mag oes nie? Ek glo vas dat dit ‘n manier is om ‘n houvas oor die wereld se kosmagte te kry. Wel hy het daaroor gaan lees en stil geword en nie ‘n verdere woord ge-uiter nie. Al wat hy gesê het is, ek sal my eie mielies begin plant vir saad, my antwoord, jy is welkom, maar jy gaan sukkel om enige saad te kry wat nie gemanipuleer is om kamtig die goggas weg te hou nie en dus nie vrugbare saad kan gee na oestyd nie.

Ek vertel hom van Obama-Care, weer lag hy my uit. Ek sê vir hom jy verstaan nie, maar volgens my is dit net nog ‘n manier om ‘n magsbasis met allerhande voorwaardes te kry in die naam van “bekostigbare” gesondheid.

Waarom dink jy is die banke en al so besig om biometriese sisteme in plek te kry?
Ja, sekuriteit is ‘n goeie verskoning – maar weereens, dit gaan oor om stadig maar seker beheer oor al ons doen en late te verkry op ‘n manier wat so eerbaar lyk vir nou, maar wat van die toekoms? VIR DIE TOEKOMS IS DIT OM ONS KOOPPATRONE TE BEHEER EN  ONS TE KAN REGULEER, wat ook dan met ‘n stel voorwaardes gepaard sal gaan.

Ek lees in Openbaring oor die merk van die dier, ek glo vas daaraan dat als wat nou in die wereld gebeur ‘n werklik refleksie is op dit waaraan ons VOORAF gewaarsku word in die Bybel. Verseker om nie vrees in te boesem nie, maar beslis om ons bedag te maak dat
as die tyd hier is dat ons weet waarin ons onsself laat begeef en dat ons die “vyand” sal herken vir wie en wat hy is.

Maar ja, dit is ek, ek is maar net ‘n gewone nuuskierige agie en wat my BYBEL tot op die letter glo en ek weet dit was GOD se manier om ons die magte te gee, deur SY krag, om die vyand in skaakmat te kon plaas dmv baie kosbare bloed wat aan ‘n kruis gestort
is! ONGEAG dit wat om ons aan die gebeure is.

Advertisements