​Ruda Landman sê die beste raad wat sy ooit van haar ma ontvang het is as volg:wag ‘n dag voor jy “DAAI brief” pos…

Wel dit sal beslis ook die toekomstige raad wees wat ek aan “myse kindertjies” sal gee… wag net eers met die pos.
Dank ons Vader, nie een van hulle aard na my nie, hulle sê sommer net hul sê waar nodig. Ek skryf gewoonlik omdat ek dink ek druk myself soveel beter uit op papier en dan druk ek sommer ook dadelik “send” die genot (probleem) van tegnologie.
Ek het myself al menigte kere rooigesig gekry oor briewe wat ek geskryf, gepos of sommer net met die druk van ‘n knoppie gestuur het.
Die laaste voorval (ongeveer 3 jaar gelede) was toe ek vir my skoonpa (my man se stiefpa) ‘n kopwas sommer op ink en papier verewig het (e-pos) nadat ek al redelik keelvol oor sy aannames was rondom my doen en late tov my huis en haard. Ek het jare en jare se frustrasie neergepen, dit nogal tweekeer deurgelees en toe in elk geval die “send” knoppie gedruk.
Nodeloos om te sê na die skrywe was ons vooraf moeilike verhouding beslis geen verhouding. Elke keer as hy op enige manier MOET kontak hê met my, is daar die een of ander “subliminal message” in sy reaksie, (sien sy verjaarsdagwense aan my in die prentjie) of as ek by hulle aan huis kom is daar groot teksverse teen sy muur (ek noem dit sommer net Bible Bashing) oor bose mense nes ek, en as ek waag om iets daaroor te sê dan word ek aangekyk asof ek stapelgek is, want mens trek mos maar die skoen aan as dit jou pas. WEL MOET ASB DAN NIE SORG DAT DIT PAS NIE!!!

Huidiglik het ek nie die durf om aan huis by hulle te gaan nie, wat ‘n groot seer vir my is tov my  man – elke nou en dan sê ek vir myself, jy skryf niks en dan as jy wel iets wil skryf….. wag ‘n dag voor jy “DAAI” brief pos…

Advertisements