Baie sal  nou dink ek is simpel, maar dit is rerig hoe ek is. Ek is ‘n introvert, ‘n rerige introvert, al vererg my kinders hulself vir my as ek dit sê, want volgens hulle is ek ‘n EKSTROVERT in hoofletters.

Maar ek is nie, ek het met die jare geleer om een na te maak sodra ek in mense se geselskap is, noodgedwonge en om te kan oorleef in hierdie wereld vol van “drama queens” en besigheid.

Sosialisering is baie traumaties vir my, alhoewel ek in ‘n wereld is waar indien jy nie sosialiseer nie jy allermins besigheid sou kon doen nie. Ja, sosiale vaardighede is baie belangrik as jy in hierdie wereld is – al is jy ‘n introvert.

Maar ek het die kuns bemeester in die na-maak van ‘ n ekstrovert, al maak die sê-ding my kinders mal. Weet ek, want wie ken jou beter as jyself.

Ek sal veel eerder in stilte heeltemal op my eie wees, met die een of ander boek in my hand wat my kan wegvoer na vreemde interessante plekke waar ek nog nooit my voet neergesit het nie. My gunsteling is natuurlik iets geestelik wat my gedagtewereld kan uitdaag en my in ‘n ander dimensie van menswees kan plaas. En dan natuurlik met ‘n Scottie of 10 wat iewers onder my voete lê en net daar wil wees, sonder verwagting en onvoorwaardelik.

Ek weet ook ek is ‘n introvert want ek haat dit as al die aandag op my onmiddelike self geplaas word, ek sukkel met ontvang ek gee veel eerder. Dit is iets wat ek baie graag sou wou verander, die ontvang ding, ek is al beskuldig dat ek nie kan ontvang nie want ek is bang ek skuld die persone wat graag iets wil gee, wat rerig nie die geval is nie. Miskien is dit ‘n selfbeeld ding? Ek weet rerig nie waar dit vandaan kom nie?

En dan my grootste vrees elke jaar is my verjaarsdag hoe ouer ek raak hoe minder hou ek van die dag. Al die aandag is verskriklik intimiderend. Ek wil net in die bed bly weg van als wat kan lyk of dit die aandag op my gaan vestig.

Arme Elaine is al ‘n week voor die tyd uit haar nate want ek verjaar amper… ai toggie Lainey, asb moet my nie daaraan herinner nie, ek hou nie daarvan nie. Met ‘n gekrenkte uitdrukking in haar mooi blou pieringogies sê sy vir haar pa – ouma hou nie van verjaar nie?

Nou moet ek mooi dink, Lainey ek hou van verjaar ek hou net nie daarvan om agter te kom dat die tyd vlieg verby my nie – dit is maar dit. En in stilte dink ek as jy maar net kan weet, die aandag is oorweldigend.

Deels daaraan dat ek al weereens NOG ‘n jaar by niks of niemand uitgekom het nie, ongeag goeie voornemens, die beloofde oproepe het nooit ‘n werklikheid geraak nie, die beloofde kuiers het ook nie realiseer nie en ek pleit skuldig want ek weet tyd bestuur my en nie ek my kosbare tyd nie.

go and put on your big girl panties, face your day en fake… ek is ‘n ekstrovert, ek is ‘n ekstrovert… kyk wereld sien my raak ek wou glad nie vanmore die duvet vir ‘n rukkie langer oor my kop trek nie, ek wou glad nie vir die man in my lewe gesê het, wat sou ek nie nou wou gee om net die heeldag vir myself te kon hê nie. Ek wil uitgaan en aan die wereld skreeu, jippiee ek verjaar – ek is ‘n ekstrovert  met die hart van ‘n introvert!!intorvert

Advertisements