As mens in grd 1 is, is dit elke dag snoepiedag… sorry borrie, maar in ons huis is dit net eenkeer ‘n week snoepiedag en Donderdae is dit jou snoepiedag….

Boonop mag jy net R10-00 spandeer op snoepiedag, ek het jou snoepiekaart so gelaai dat jy net R10-00 kan gebruik… “maar as mens gr 1 is, is dit elke dag snoepiedag!!!”

Wel jou van is vd Westhuizen en ons vd Westhuizen’s het eenkeer ‘n week snoepiedag, en dit is Donderdae, einde van gesprek…

“Maar ouma weet nie mens het baie maaitjies op snoepiedag”… dit is mooiweers maaitjies. Laat ek jou gou leer van hulle, jy moet maar gewoond raak aan daai maaitjies hulle is dwarsdeur jou lewe op ‘n manier deel van jou lewe… jou regte egte maaitjies is diegene wat nie omgee of jy ‘n eenkeer ‘n week ‘n snoepiekind van R10-00 is nie en graag jou marmite broodjies op die ander dae wil deel met jou.

Dit is die maaitjies wat eendag daar vir jou gaan wees as jy op kort kennisgewing ‘n “lift” van Ford af kort, of wat vir jou kos aandra as jy die slag van die trappe afval omdat jy op jou 18 jarige seun spy (dit is nou jou pa) vir wanneer hy uiteindelik by die huis gaan wees sodat jy net lekker kan slaap en so te sê jou bene morsaf breek in die proses, dit is die maaitjies wat saam met jou tjank omdat jy jou 13 jarige hond moes uitsit, dit is die maaitjies wat sê ek kom nou dadelik hospitaal toe die oomblik wat hulle hoor jou man het sopas ‘n hartaanval gehad en dit voel of jou spreekwoordelike mat onder jou uitgetrek word, dit is die maaitjies wat na jou toe jaag as hulle hoor jy was nou net in ‘n grusame ongeluk en op al die mediese personeel kom skree omdat hulle nie gou genoeg by jou uitkom nie,  dit is die maaitjies wat op hul kniee neerval as jy vra bid asb vir my… want hier waar ek staan kan ek nie meer bid nie, omdat  mens se kinders aan die skei is terwyl jy gedink het hulle huwelik is ook ‘n vir altyd huwelik…

Liefste Lainey gee aandag aan die snoepiedag maaitjies want ja,  hulle leer jou ook van vriendskap, maar koester asb die maaitjie wat jou “slegte marmite toebie” en bottel water saam met jou geniet net omdat hulle graag in jou geselskap wil wees…. I love you!!!!

IN DIE VD WESTHUIZEN HUIS HET ONS NET 1 X ‘N WEEK SNOEPIEDAG MET R10-00 KT OP ‘N DONDERDAG

marmite
(en wat nou, nou is jy amper oppad na grd 3 en ek raak beangs omdat ek nie tyd se vlerke kan knip nie)
Advertisements