​Elke dag voor ek my oë op my manskind kan neerlê wonder ek wat het hy vandag gemeng en gepas?  Elke dag sidder ek,  hy werk in ‘n semi korporatiewe omgewing met heelwat kliente daarby en is daar niemand wat nog ooit ‘n wenkbrou gelig het nie? Of is almal dalk net te ordentelik om iets te sê.


Hy loer baie keer tydens sy etenstyd in by my, nie om hallo te sê nie, o nee. Net om gou ‘n kosblik te bedel met ‘n somtydse lekkerte daarby.

En elke dag dink ek  in stilte dat hy seker maar dit aantrek waarop hy sy hande in die donkerte kon neerlê in die vroeë oggendure, want waaragtag hy lyk op die beste van dae beroerd. Nie dat ek myself ‘n styl ikoon sal noem nie, maar ek dink darem ek trek relatief netjies aan vir die beroep
waarin ek myself begeef. Maar nou ja, ek is ‘n vrou en die meeste vrouens wat ek ken hou van mooi lyk en als wat daarmee gepaardgaan. 
Maar my liewe manskind se das is nie op die regte lengte geknoop nie – dit is blokkies op strepe, kortmou hemde met ‘n das. ‘n Suede baadjie met ‘n gat daarin,  waarop ek sover moontlik en met baie takt sy aandag probeer vestig. ‘n Kol hier en ‘n kol daar. In stilte sluk ek hy is darem ‘n man, ‘n pa en boonop ‘n goeie pa. En hy het darem klere aan, dit kon soveel erger gewees het. Bly net stil, sê ek myself gedurigdeur aan!

So is dit week in en week uit, ek kyk na hom en ek dink jy is enige “make-over” se droom – maar in SA het ons mos nie sulke dinge nie en ek ril in stilligheid.
Ek skimp en wys prentjies – ek wys hom wat ja, en wat beslis nee is. Maar hy dink beslis ek praat
van ‘n ander want hy lyk mos altyd goed. Daar is ook nie ‘n vrou wat hom vroegoggend kan sê, “yay or nay”.  Sy blou-oog is doodeenvoudig net sy blou-oog en as pa “happy” is, is sy “happy” ongeag die dresscode van die dag.

Maar vandag, met die kwik wat regtig ongenadig hoog is, is my moermeter ook redelik hoog. Dit is net ek en hy in die kantoor, ek kyk hom so en ek ril, ek dink die man het iemand nodig om hom te help en as dit dan nou sy ma moet wees, dan moet dit maar
ek wees. Al mag hy dit hoe ervaar, maar vandag is die dag wat ek vir hom sê: 

Jitte, jy lyk sleg, blokkies met strepe – dit is ‘n kortmouhemp, kortmouhemde met ‘n das is so: “af die plaas” Blokkies kortmouhemde met ‘n streep das – mmmm… asb wys my die vorige aand wat jy wil aantrek – maar die is nie goed nie!!!

Vol ergernis sê hy vir my: dit is warm en ek MOET ‘n das dra. ASB NIE BY ‘N KORTMOU HEMP NIE!  My p/a stap in en netso voor hy uitstap sê ek vir hom, gaan kyk asb op my kantoor se fb page, ons wys daar waar ‘n man se das moet hang – jou das is te hoog geknoop. 
AG MA, ek hoor! My laaste
woorde aan hom was, gaan kyk, want ek sien horde vrouens het ‘n man met ‘n das probleem, want so baie het dit met hul mans gedeel. GAAN KYK.

Advertisements