Vandag mis ek jou alweer!

8 Augustus 2016

Bye bye happiness, hello loneliness

I think I’m-a gonna cry-y
Bye bye Gaby love, bye bye sweet caress, hello emptiness
I feel like I could di-ie
Bye bye my love goodby-eye

Soos ‘n verskietende ster is dit verby. Jy was my skaduwee vanaf dag een af. Hoe sal ek ooit weer my oggend as normaal kan begin, vir 13 jaar was jy die eerste een om my more te sê! Saam het ons toebies gemaak en elke dan en wan het jy my of gestamp om te sê waar is my deel vd die werk, of met jou groot bruin oë het jy my die kyk gegee wat met my hart gepraat het en ek het jou jou stukkie kaas laat val nie per ongeluk nie, maar aspris, want niks het mooier met my hart gepraat as jou bruin ogies!

Daarna, net soos dit met ‘n getroue vriend is, het jy my ingewag vir ure lank, al stertswaaiend het jy my gegroet en gewag vir die vlg avontuur vir wat die res van die dag  dalk mog inhou, of die vlg ete wat voorberei moet word. Met krummels wat nie heel toevallig grond toe val nie maar doelgerig,  omdat jou oë weereens met my hart gepraat het.

Ek gaan jou mis en ek weet niks op hierdie aarde sal ooit jou plek in my hart inneem nie.

Sê groete aan diegene wat jou vooruitgegaan het en sê asb vir hulle jy was die beste honde kind ooit en ek weet jy was enig aan jou soort.

Dankie vir al die geluk wat jy gebring het dankie dat ek soveel veilige prate kon praat, sonder oordeel, net met ‘n asem wat liefde gegee het, onvoorwaardelik, opreg en reiner as die reinste rein.

En ja, ek besef met jou weggaan is daar ook weereens ‘n bietjie pienk wat weg is uit my hemelruim en word my gryser weereens net nog ‘n bietjie groter in hierdie plek wat ons mense “die lewe” noem.

Bye bye Gaby
Bye bye happiness, hello loneliness
I think I’m-a gonna cry-y
Bye bye  Gabylove, bye bye sweet caress, hello emptiness
I feel like I could di-ie
Bye bye my love goodby-eye….

(My liefste bok, dankie dat jy midde in jou eie hartseer ons troeteldier verlos het van haar lyding. Dankie dat ons saam kan huil oor hierdie  groot verlies wat dalk vir ‘n ander mag voorkom as as irrasioneel)

Advertisements