Die narsiste in ons lewe:

‘n paar grepe uit ‘n artikel wat ek sopas gelees het, ek het nogal stil stil geglimlag toe ek van die tekens van narsisme raaklees en dit my onmiddelik in sommige, dankie tog bitter min mense wat ek ken, herken.

Hulle is nes verkleurmannetjies. “Hulle sal wees wat hulle wil hê jy moet sien. As hulle jou wil intimideer, sal hulle die boelie wees; as hulle wil hê jy moet hul leuen(s) glo, sal hulle die hel uit jou charm …”

Hulle is altyd die grootste en raserigste persone in die vertrek. Hul luide houding spreek van skaamteloosheid en behoeftigheid (neediness).

Hulle assosieer net met ander mense wat ook spesiaal of ryk of vernaam is. Die res behandel hulle bitter, bitter sleg en sal glad nie omgee hoe hulle met diesulkes praat in wie se teenwoordigheid ookal die persone is nie, hulle hou ook daarvan om neer te praat op ander mense.

Hulle glo vas in “Wys my iemand sonder ’n ego en ek wys jou ’n verloorder.”narsism

Advertisements