Dan sal jy ook die afvlerkmense sien rondlê en in liefde moet ons op ons eie unieke manier hulle kan help, totdat hul vlerke genees is.
 
Tog is daar diegene wat so hoog in hulself is, die afvlerkmense sien en skouerophalend net aangaan uit hul hoogte en reken afvlerk? Dit moet agv sy/haar eie toedoen wees!
 
En toe sien ek diegene wat erkenning aan “God” se afvlerkmense gee, erkenning? Ja, ek sien hoe skop jy hulle want hulle  ontsier jou omgewing. Vandaar die, moenie ‘n afvlerk-   “mens” wat reeds lê skop nie.
 
En toe, toe besef ek maar ek moet mooi  rondom myself en in my omgewing kyk. 
In my rondkyk sien ek heelwat Screenshot_20161025-210302.jpgheelvlerkmense wat eens op ‘n tyd ook langs hierdie lewenspad  ‘n afvlerkmens was, ek sien hoe buk hulle met hul heelvlerke om die afvlerkmense, ek sien bemoeienis met mekaar, hetsy in die gedaante van ‘n bord kos, ‘n toebroodjie, ‘n knielende gebed, ‘n vasdag, ‘n omarming ensovoorts.
 
Ek kyk na die afvlerkmense wat gehelp word deur die heelvlerkmense en ek weet ons is ok, want iewers langs die pad was almal van ons ‘n afvlerkmens  wat deur heelvlerkmense aangeraak is en dit kom kanseleer die kwaad in hierdie wereld uit.
 
Afvlerkmense wat gehelp is om hulle vlerke weer gesond te kry, desondanks die paar wat toekyk en skouers optrek, die paar wat kom en skop om uit die pad te skop.
 
Ek eer almal wat bemoeienis met ‘n ander maak, wat eerder opbou as afbreek, afbreek is maklik, opbou kom met groot moeite. 
 
Die ding van ‘n mens breek iemand heeltemal af tot niks en dan begin die bouwerk na ‘n beter, is uiters barbaars. Niemand met ‘n gebroke siel sal ooit weer heel wees, ongeag sy maker se rede vir afbreek. Dit is om aan jou eie godkompleks te ly en so jou eie aanbidders te wil maak ten koste van die stukkende siele binne die mense. 
 
Ons is klaar goed gemaak deur ‘n MAKER wat deernis, empatie en bemoeienis kom maak het met die mens,  en goedheid daarin kon raaksien het voor enige ander mens nog ooit dit kon sien of hul oë op die MAKER se handewerk gelê het. 
 
En dan weer  in liefde sal ons  op ons eie unieke manier weet ons kan hulle gehelp het, totdat hul vlerke genees is omdat dit ons MAKER se wil vir ons hierop aarde is.
Advertisements