Vandag sit ek en dink terug aan lank, lank gelede, toe die uwe so amper, mmm… toe ek nog ‘n tienermeisie was,   deur my pa genooi is om saam met hom na Liberace te gaan kyk,  nogal,  by die Superbowl.

‘n Meer simpel mens as ‘n tiener gaan jy nie sommer kry nie – wat doen ek? Waar in die lewe kan ‘n meisie saam met haar pa op ‘n “date” gaan en toe dit ewe kordaat vd hand gewys het.

Het ek toe maar net geweet wat ek vandag weet, dat dit die tipe “dates” is waaraan mens eendag sal sit en terugdink, in my geval met groot spyt, omdat ek nooit saam met my “ou” pa op my eerste “date” was nie.

Oor my eie toedoen het ek my “Liberace moment” gemis, maar die groter mis is “die date” met my ou pa omdat ek ‘n simpel tiener was en nes simpel tieners maar is – ‘n skaam ding, veral vir hul arme ouers.liberace

Advertisements