blog

 

Om te Blog of nie te “blok”

Vir lankal is daar ‘n gedagte in my agterkop, “ek wil ook hierdie “blog” ding doen – boek uitgee dit is vir die slim letterkundiges en welsprekendes, of as jy bekend is, en  daarom mag jy op 10 jaar oud jou autobiografie in iemand van werklike lewensjare se keel afdruk en geld daarmee maak.

Maar ek het dan so baie stories wat ek wil vertel  – wat deel van my elke dag se doen en late is – maar waar? Ek lees van “bloggers” maar waar en hoe, ek wil dit self doen sonder om iemand te vra, maar hoe en waar nou? Vra vir GOOGLE, ek vra en GOOGLE sê!

Ek vra vir Google, “Why do people blog?” en in Afrikaans kom dit terug van een of ander erge blogger in Afrikaans: – “dit is soos joernaal hou, dit is nie om bekend te raak nie, daar kan selfs maande verbygaan voordat enige persoon op enige iets van jou gaan reageer, indien enigsins. Maar dit is ‘n plek waar jy jou woorde kan neerpen, soos ‘n boekrak vol met ‘n nalatenskap vir iemand, wie ookal  wat dit dalk iewers raaklees en dit dalk sal waardeer.”

Klink na ‘n plan vir my – die “facebook” ding doen dit nie vir my nie, my gedagtes is hopeloos te persoonlik om dit so aan die klok te hang by ‘n menigte mense wat my ken – en wat al aan my geraak het en wie die gedagtes dalk gewakker het. Oe, e, e dit sal nie werk nie. Maar ek wil iewers praat en mooimaak al is dit dan net vir myself.

Nuut in die ding, weet nie rerig hoe als inmekaar steek nie, ek gaan nie vir hulp vra nie, begin ek.. ek wil iets mooi hê, al is ek die enigste een wat dit lees moet dit mooi en “catchy” wees. Ek skryf en skryf – ek sien niks wat soos ‘n “like” lyk nie, of enige verkeer nie – dit pla nie want my “blok” is vir “Me, Myself and I.” Ek sien ek kan dit mooier maak, “trial and error” en uiteindelik, sonder om iemand te vra sien ek my prentjies en dit lyk mooi. My “blok” is toe uiteindelik mooi.

Ek sukkel om agter te kom hoe om ander “blogs” te “like” of te lees – ek is stupid en boonop nuuskierig, nie ‘n goeie kombinasie nie. Maar ek weet met genoeg oefen gaan ek die kuns vervolmaak – hetsy iemand dit ooit gaan lees of nie – dit gaan my eie mooi woorde vir myself wees, my nalatenskap aan wie ookal of dalk net aan GOOGLE.

Groot was my verbasing toe ek in my e-pos sien  iemand het iets gelees en kommentaar daarop gelewer, iemand met die naam “sovereignfemale” wie is sy, wat is sy – lekker, iemand het gelees en gelukkig ken ek haar nie by die naam nie, maar wel by “sovereignfemale” dit voel of iemand my eerste “eie boek” gelees het. Laataand sien ek “HesterLeyNel” was ook daar rond in “my boekrak,” lekker kry ek en vanoggend is daar ene “scrapydo2” ek gaan lees ‘n ietsie op elkeen se blog, ek kry selfs agv ‘n “flook” een gedeel op twitter… Man ek “laaik my blok” en ek hou daarvan dat daar mense is wat bemoeienis gemaak het om te gaan lees wat ek neerpen.

En vandag weet ek gaan dit nog onder die knie kry, ek gaan nog baie mense volg en lees en kommentaar lewer en dit voel of ek die boek in my kop gaan uitkry, danksy my “BLOK”… waar ek maak nes ek voel!

Advertisements