Die slimmense sê vergifinis maak vry. Ja, ek stem beslis 100 persent saam.
Ek ken ‘n jongvrou, en my intuisie sê vir my sy is besig om met vuur te speel. Hoe weet ek dit? Ek weet, want ek het al ‘n groot deel van my lewe geleef. En met baie dinge kan ek sê, “been there, done that and got the scars to proof it”
Die jongvrou is geskei. Sy is  huidiglik in’n verhouding met iemand wat lyk of hy goed is vir haar. Maar ek sien dat daar iemand anders ook betrokke is by haar. My verstand sê, hoe dom van haar.
My man sê spreek haar aan, ek sê ek sal dit nie doen nie, sy ken my en sy weet ek sal beslis nie dit goedkeur nie, ongeag wat. Dit is nie my plek om haar te wys wat reg en verkeerd is nie.
Uit ondervinding weet ek die lewe self is die beste leermeester. Maar so is jyself ook op die einde van die dag jou eie grootste vyand.
Want as dit by vergifinis kom is dit makliker om ‘n ander te vergewe vir hulle foute gemaak. Maar om jouself te vergewe vir foute wat jyself willens en wetens gemaak het, dit is so te sê onmoontlik. Ek sien met myself wat die lewe geleef het, hoogte en laagtepunte, dat alhoewel ek menigte mense al baie geredelik vergewe het, sukkel ek met myself.
Ek is so teleurgesteld in my eie oordeel wat ek so verkeerd geinterpreteer het op ‘n spesifieke oomblik. In so mate dat alhoewel ek vrede gemaak het met my eie swak keuses ek nog ver van “ek vergewe myself” is.
En dit was en is,  glo ek nogsteeds ongelukkig een van die groot lewenslesse wat ek self eers moes voel voordat ek wou leer. Juis daarom weet ek sekere kere is dit dalk net beter om iemand te los sodat hulle hierdie duur les vir hulself kan leer!Screenshot_20161014-183330.png
Advertisements