Ek verstaan dat ‘n ander se woorde verskriklik gevaarlik is en dat dit mens dodelik siek kan maak.

Wel in my geval is daar woorde harduit gespreek teenoor my, vol verwyt, vol bitterheid en teleurstelling, elke woord het soos ‘n gifpyl kom nesmaak in my binneste, woorde wat ek nie verstaan het nie want in my wereld staan ek dan onskuldig daarteen. Woorde in so mate dat ek glo dit het nie net my hart gebreek nie, maar ook my hart siek gemaak.

Mens moet so versigtig wees, baie mense vergeet dat woorde gespreek netso erg is so woorde vasgevang in ink – die vorm waarop daai woorde losgelaat is verskil net.

Hierdie woorde het gemaak dat ek nou so bang is in die teenwoordigheid van hierdie geliefde van my, dat ek oogkontak heeltemal vermy want ek is bang dat my oë  aan die persoon gaan doen wat hul woorde aan my gedoen het. Die seerkry is so vasgevang in my oë en ek wil nie dit wys nie, ek is rerig bang vir die pyn wat dit dalk mag veroorsaak. Dit het my laat besef dat ons oë waarlikwaar die poorte na ons siel is en ons siel sukkel om die waarheid weg te steek, ongeag hoe gering, dit weerspieël sy, die siel, se naaktheid in ons oë!!

Advertisements