As daar een mens in my lewe is wat dalk huidiglik ‘n trofee verdien vir verdienstelikheid is dit my persoonlike assistent by die werk.

My lewe die laaste pr jaar was so 100 grade meer as ‘n normale “roller coaster ride”, met die hoogste hoogtepunte en dan weer die laagste laagtepunte ooit.

Sy weet van als tot op die letter toe in my lewe. Sy weet as ek histeries gelukkig is of andersom. Ek dink sy weet meer as wat die naaste aan my weet, dalk nie doelbewus nie, maar net omdat ons so klein stukkie aarde min of meer daagliks deel.

Maw sy hou my koersvas op die beste van tye, veral as ek van agter my ruimte vir haar skree, “fire” die of daai klient, ek sê jou jy mag – ons het nie dit nodig nie, en sy ewe bedeesd die klient aanhou pamperlang en maak of sy my glad nie gehoor het nie.
En ek dan harder skree ons werk eerder met 10 kliente wat maniere het as wat ons met hordes werk sonder maniere! Kan jy dink hoe praat en maak hulle met die werkers as hulle so met ons praat!! Ek is siek en sat hiervoor. “Fire” hulle – maar danksy haar takt het ons darem nog ‘n werk om elke dag na toe te kom.

Maar ongeag, ons praat oor dit en dat en oop kiste, wat op die ergste grusaam is vir beide van ons. Ek sê vir haar ek wil tog net nooit ‘n groot ding hê as dit “game over” vir my is nie. Stil en bedeesd, niemand wat na my dood na my moet kom kyk nie, geen oop kiste nie – eenvoudig, en asb tog met niemand wat my spreekwoordelike beuel kom blaas oor my agtergeblewe lewe nie.
Sy giggel so bietjie en vertel my van haar stiefpa se begrafnis wat ontaard het met die oop kis, haar jongste suster, die man se dogter van 12 jaar oud, het kort-kort omgekap veral toe hulle haar maak om haar pa te gaan “groet”. In so mate dat sy, my assistent haar ontferm het oor die jonge sussie van haar en in die kerk hardop gil, “ag nee man, my goeie f#@k kan julle nie sien wat julle aan die arme kind doen nie?” Sy het die sussie gevat en by Wimpy gaan sit om net rustigheid te kan kry en die res van die mense het begrafnis gehou.
Dit het haar laat besluit dit is iets wat sy net seker moet maak, nie met haar gebeur as sy nie meer is nie. Sy dink, ‘n stille verassing sal goed werk en dan kan hulle maar haar assies hier in die kantoor kom strooi, want dit is haar “happy place” …. daarna kan een van ons werkers dit kom stofsuig en sy sal ‘n baie gelukkige mens in die hiernamaals wees. Ek dink myself ja, met CLASSIC FM in die agtergrond!

Met die het ek besef dit is nie net sy wat waardetoevoeging tot my lewe bied nie, maar ek doen dit terug, want waar op aarde het jy al gehoor ‘n mens se kantoor/werkplek is jou “happy place”….

Dankie Charmaine, dat jy op die beste van tye my lees die oomblik wat ek my voet in die kantoor sit en dan daarvolgens ons dag beplan sodat hierdie vir beide van ons ‘n “happy place” kan wees!!!

Advertisements